Cover Image

Suid-Afrika se Vlootmagte 1922-2012

Suid-Afrika, met drie landsgrense deur see omsoom en 'n kuslyn van ongeveer 2 800 km, is 'n maritieme moondheid. Die Suid-Afrikaanse vlootmagte vorm uiteraard 'n belangrike deel van dié land se gewapende magte en verdedigingstelsels. Alhoewel die benaming, Suid-Afrikaanse Vloot (SAV), eers sedert 1 Januarie 1951 gebruik word, dateer die geskiedenis van Suid-Afrika se vlootmagte terug tot ten minste 1922. In hierdie publikasie word die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse vlootmagte vanaf 1922 tot 2012 op akademiese wyse geboekstaaf deurdat die ontstaan en ontwikkeling van die vlootmagte op verantwoordbare wyse beskryf en geanaliseer word. Nadat die vlootgeskiedenis vanaf 1922 tot 1945 bespreek is, word die daaropvolgende hoofstukke aan elk van die volgende tipes vaartuie, asook die rolle wat hierdie vaartuie in die SAV gespeel het, gewy: fregatte, torpedojaers, mynveërs en mynjagters, patrolliebote, hidrografiese opmetingskepe, gevegsteunskepe, duikbote en laastens ander vaartuie, soos byvoorbeeld, sperboomvaartuie. Vlootgebeure word deurgaans geëvalueer teen die agtergrond van die politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika, terwyl gebeure in die internasionale arena ook toegelig word.

Authors:
André Wessels
University of the Free State
https://orcid.org/0000-0001-5738-6416
Categories:

Product details

Chapters

  • 1. Die vormingsjare, 1922‑1945
  • 2. Suid‑Afrika se fregatte, 1944‑1985 en 2006‑2012
  • 3. Snelstomers: torpedojaers in Suid‑Afrikaanse vlootdiens, 1950‑1975
  • 4. Mynteenmaatreëlswerk in Suid‑Afrika se vlootmagte, 1947‑2012 .
  • 5. Patrolliebote in die Suid‑Afrikaanse Vloot, 1954‑2012
  • 6. Hidrografiese opmetingskepe in Suid‑Afrikaanse vlootdiens, 1922‑2012
  • 7. Gevegsteunskepe in die Suid‑Afrikaanse Vloot, 1967‑2012
  • 10. Ander vaartuie in diens van die Suid‑Afrikaanse vlootmagte
  • 10. Enkele slotperspektiewe

Author Biography

André Wessels, University of the Free State

Department of History

References

Published
December 1, 2017

Details about the available publication format: PDF

PDF
ISBN-13 (15)
9781928424055
Date of first publication (11)
2017-12-01

Details about the available publication format: Paperback

Paperback
ISBN-13 (15)
9781928424048
Date of first publication (11)
2017-12-01
Physical Dimensions

How to Cite