Cover Image

Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking

Ten spyte daarvan dat kuns een van die simboliese aspekte van die menslike bestaan is, is dit onlosmaaklik verbonde aan materiële aspekte (kyk Valéry, 1928:s.bl.). Daarom word die waarde van ’n kunsproduk deur sowel simboliese as materiële faktore bepaal (Bourdieu, 1993:37) en bestaan dit nie in isolasie  nie, maar vorm dit deel van ’n groter sisteem waarin ook ekonomiese beginsels ’n belangrike rol speel (Van Coller, 2010:491). Daarom is die sogenaamde literêre veld ook gestruktureer rondom twee opponerende pole, naamlik die ekonomiese pool (die subveld van grootskaalse produksie) en die artistieke pool (die subveld van beperkte produksie). Waar dit in die eersgenoemde ’n stryd is oor die verkryging van ekonomiese kapitaal – waarin veral die media ’n groot rol  speel (Johnson, 1993:7, 15, 16) – gaan dit in die artistieke pool eerder om  simboliese kapitaal as die kapitaal van legitimasie. Die skrywer se prestige,  roem, verering, literêre pryse en vertalings speel hierin ’n belangrike rol 
(Bonthuys, 2016:24; Johnson, 1993:7; Van Coller, 2010:486). Die artistieke pool is die outonome gedeelte1 van die veld, en daarbinne word veral op die literêre veld se doxa (algemeen aanvaarde feite, gekonstrueerde en vasgelegde persepsies) gesteun. Agente in hierdie pool van die veld is ingestel op spesifieke legitimiteit en op dit wat algemeen as ‘hoë’ kuns beskou word (Johnson, 1993:15). Kategorisering van ’n teks as letterkunde is plek- en tydgebonde en geskied op grond van die spesifieke waarde wat op ’n bepaalde moment daaraan toegeken word. Dit is die resultaat van ’n komplekse proses wat deur ’n hele aantal instellings uit die literêre veld gereguleer word, geskied in wisselwerking met die skrywers van tekste en impliseer dat ‘intrinsieke waarde’ kwalifisering nodig het. Sedert die agtiende eeu speel die literêre kritici (en hul literatuuropvattings) ’n dominante rol in hierdie proses van waardetoekenning en ordening (Van Rees & Dorleijn, 1993:4). 

Authors:
Joanita Erasmus-Alt
University of the Free State
H.P. van Coller
University of the Free State

Product details

Chapters

  • VOORAF
  • HOOFSTUK 1
    INLEIDING
  • HOOFSTUK 2
    DIE SKRYWER IN DIE LITERATUURWETENSKAP
  • HOOFSTUK 3
    VELD- EN SISTEEMTEORIEË
  • HOOFSTUK 4
    BEELDVORMING
  • HOOFSTUK 5
    DALENE MATTHEE: KRINGE IN ’N BOS (1984)
  • HOOFSTUK 6
    MARITA VAN DER VYVER: GRIET SKRYF ’N SPROKIE (1992)
  • HOOFSTUK 7
    FRANCOIS SMITH: KAMPHOER (2014)
  • HOOFSTUK 8
    BIBI SLIPPERS: FOTOSTAATMASJIEN (2016)
  • HOOFSTUK 9
    VERGELYKING EN SAMEVATTING
  • BRONNELYS

References

Abrams, M.H. 1953. The mirror and the lamp: romantic theory and the critical tradition. Londen: Oxford University Press.

Adams, T.R. & Barker, N. 1993. A new model for the study of the book. In N. Barker (red.). A potencie of life: books in society. The Clark lectures 1986‒1987. Londen: The British Library. 5‒43.

Adendorff, E. 2003. Digdebute teen die millenniumwending: ’n polisistemiese ondersoek. Ongepubliseerde magisterverhandeling. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.afrikaans.com. s.j. Wie is ons? Beskikbaar: https://afrikaans.com/oor-ons/wieis-ons/ [2019, Mei 26].

Aldridge, A.O. 1996. Dialoque on Babbitt and epistemology: Babbitt, literary positivism, and neo-positivism. Humanitas, (1):65–78. Beskikbaar: https://ess.cua.edu/wp-content/uploads/2018/07/Aldridge-Babbitt-LiteraryPositivism-and-Neo-Positivism.pdf [2021, Augustus 28].

Alexander, A.S. 2016. ’n Kritiese analise van die diskoers in resensies met die debuutroman Kamphoer deur Francois Smith as voorbeeldteks. Onge publiseerde magisterverhandeling. Windhoek: Universiteit van Namibië.Amid, J. 2014. Onderhoud met Francois Smith: om Kamphoer te skryf. LitNet, 1 Oktober. Beskikbaar: https://www.litnet.co.za/onderhoud-met-francoissmith-om-kamphoer-te-skryf/ [2021, Augustus 21].

Amid, J. & Kemp, R. 2019. Gedeeltelik bewolk: ’n onderhoud met Ruan Kemp. LitNet, 19 September. Beskikbaar: https://www.litnet.co.za/gedeeltelikbewolk-n-onderhoud-met-ruan-kemp/ [2020, April 22].

Andrade, G. s.j. René Girard (1923–2015). Internet Encyclopedia of Philosophy. A peerreviewed academic resource. Beskikbaar: https://iep.utm.edu/girard/ [2021, Augustus 28].

Published
February 18, 2026

Details about this monograph

ISBN-13 (15)
978-1-928424-83-3

How to Cite

Erasmus-Alt, J., & van Coller, H. (2026). Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking. UJ Press. https://doi.org/10.64449/